- Hekke: Die skoolhekke word om 07:30 in die oggend gesluit en weer om 13:15 oopgesluit.
- Elke hek word beman deur ʼn hekbeampte.
- By elke hek is ʼn kamera aangebring.
- Daar is ook ʼn wagarea by elke hek aangebring, waar die leerlinge wag in die middag vir hulle vervoer huis toe.
- Op elke stoep (loopgang) is kameras aangebring wat die wisseling van die klasse monitor.
- By elke aantreevlak is daar ook verskeie kameras.
- Die Grondslagfase se terrein word ook deur ʼn personeellid op ons gholfkarretjie gepatrolleer en die karretjie is ook beskikbaar om beseerde leerlinge te vervoer.
- Laerskool Elspark beskik ook oor ʼn hele aantal personeel wat opgelei is vir noodhulp.
- Die kantoor is ook in direkte verbinding met die CPF d.m.v. tweerigtingradio’s.