SKOOLGELDE

BEDRAG PER BETALINGSTYDPERK BEDRAG VIR 2025

Skoolgeld vir Gr1 p/m = R950. 12 maande = R11 400

 Skoolgelde vir Graad 2 – 7:

Skoolgeld vir ʼn enkelkind p/m = R1 700. 12 maande = R20 400.

  Skoolgeld vir tweede kind p/m = R1 700 (R3400). 12 maande = R20 400.

 Skoolgeld vir derde kind p/m = R680 (R4080). 12 maande = R8160.

Skoolgeld is vooruitbetaalbaar teen die 7de van elke maand. Januarie se skoolgeld moet betaal word op die eerste skooldag van 2025.

Indien volle skoolgelde vir 2025 voor of op 31 Maart betaal is, sal een maand se skoolgeld as korting aan die ouer toegestaan word. (Indien geen betaling tot 31 Maart gemaak word nie, moet ʼn skriftelike reëling met die skoolhoof getref word.)

Naskoolgeld vir ʼn enkelkind = R1 230. 11 maande = R13 530.

Naskoolgeld vir tweede kind = R1 230 (R2 460). 11 maande = R13 530.

Naskoolgeld vir derde kind = R1 230 (R3 690). 11 maande = R13 530.

Naskoolgeld is vooruitbetaalbaar teen die 7de van elke maand. Januarie se geld moet betaal word op die eerste skooldag van 2025. Geen subsidie word toegestaan nie.

Kleuterskool skoolgeld vir elke kind = R1 830. 12 maande = R21 960.

Skoolgeld is vooruitbetaalbaar teen die 7de van elke maand. Januarie se geld moet betaal word op die eerste skooldag van 2025. Geen subsidie word toegestaan nie. Geen korting soos in die geval van die groot skool nie.

Baie, baie dankie

Aan ons ouers wat instaan as abba ouers ten opsigte van minderbevoorregte leerlinge se skoolgelde en ander uitgawes. U ondersteuning word waardeer! Indien daar nog ouers is wat hierby betrokke wil raak kan u die kantoor kontak of eenvoudig ʼn addisionele bedrag bo en behalwe u skoolgeld betaal. Onthou elke ekstra R10 help. DANKIE, DANKIE, DANKIE!

Onthou net asb. om vir Me. Wessels in kennis te stel indien u ʼn ekstra bedrag inbetaal het vir ʼn minderbevoorregte leerling.

Kontroleer asb. u kleingeld en kwitansies voordat u die finansiële kantoor verlaat. Sonder ʼn kwitansie kan geen regstellings gedoen word nie. Bewaar asb. u kwitansies op ʼn veilige plek.

NB! Faks asb. bewys van betaling met uiteensetting ten opsigte van betaling na (011) 916 1325. Dit is baie belangrik dat u asb. altyd u kind se rekening nommer as verwysing by alle bank inbetalings aandui. Indien u nie weet wat u kind se rekening nommer is nie, is u welkom om Me. Wessels te skakel in die finansiële kantoor.

Bank Besonderhede

REKENING NAAM: LAERSKOOL ELSPARK

BANK: ABSA

TAKKODE: 632 005

REKENING NOMMER: 230 301 360

VERWYSING: U REKENING NOMMER / U KIND SE NAAM, VAN EN GRAAD