Boogskiet

Laerskool Elspark is trots om te sê dat ons boogskiet aanbied!!

Ons leuse is “ Ons bebaal die mikpunt”

Ons bied AGA Boogskiet (Afrika Genisus Archery) aan. Die program is vir leerlinge van Gr.2-12 en volwassenes.

Daar is 4 katogorieë:
• Welpies: Gr 2 – 3
• Laerskool: Gr 4 – 7
• Hoërskool: Gr 8 – 12
• AAG: Volwassenes

Laerskool Elspark is al die afgelope paar jaar as die top Laerskool aangewys in Ekurhuleni. In 2018 is ons as die top Eenheid van die jaar in Suid-Afrika aangewys.

Dit is ‘n vinnig groeiende sport. Daar word erkende nasionale en provinsiale kleure aan skuts toegeken wat daarvoor kwalifiseer.

Boogskiet maak ‘n groot verskil in enige kind se lewe. In die sport kompeteer jy teen jouself. Met elke persoonlike beste punt, groei ‘n kind se selfbeeld en selfvertroue.

Boogskiet word die beste beoefen in ‘n positiewe omgewing, so alle instrukreurs is opgelei om u kind op te bou en positief te hou.

Vir verdere inligting kontak asb.

Me Marna Jacobs (082 458 4307) of

Mnr. Thinus Jacobs (082 374 6035)