DISSIPLINE

\

Sê altyd asseblief en dankie.

\

Toon respek teenoor jou maats en onderwysers.

\

Sorg dat jy altyd netjies lyk gedurende skooltyd en op wedstryddae.

\

Seuns se hare moet kort en netjies wees. Geen style.

\

Dogters se hare moet netjies wees, en met die korrekte haarrekkies vasgemaak word. Groet enige persoon op die terrein.

\

Hou die skool netjies en skoon. Dit is jou skool ook.

\

Groet enige persoon op die terrein. Dit is net maniere.

\

Vrydagdrag is ʼn blou kort broek en jou Vrydaghemp

\

Werk saam in die klas deur te luister as jou onderwyser vir jou ʼn opdrag gee.

\

Hou jou tong, hande en voete van ander kinders af.

Reëls vir ons leerlinge

Neem asb. kennis van die nuwe skoolreël: Geen wieletjie tasse vanaf 2018. Daarom versoek ons dat u dit nie aankoop nie.

 

\

BEGIN- EN VERLAATTYD EN TERREIN

  • Die skool begin om 07:30. Alle leerlinge moet elke oggend betyds by die skool wees.
  • Wanneer die leerlinge eers binne die skoolterrein is, mag hul nie weer voor die einde van die skooldag die terrein verlaat sonder die hoof of adjunkhoof se toestemming nie.
\

AANTREE, KLASWISSELING, POUSES EN MOTORS

  • Wanneer die klok lui vir die aanvang van die skooldag of na pouse, moet elke leerling dadelik en ordelik na hul registerklasse beweeg.
  • Klaswisseling moet ordelik plaasvind.
  • Geen luidrugtige geskree of gehardloop op die stoepe word toegelaat nie.
  • Geen leerling word tydens pouses in die klasse toegelaat sonder toesig deur ʼn personeellid nie.
  • Geen leerling word pouses, voor of na skool by die motors toegelaat nie.
  • Snoepie-aankope mag nie gedurende onderrigtye plaasvind nie.
\

SAAL, KLEEDKAMERS EN LAPA

  • Tydens byeenkomste in die skoolsaal en lapa moet leerlinge ordelik en stil wees. Die instap en verdaging tydens byeenkomste moet ook ordelik en stil plaasvind.
  • Kleedkamers moet netjies en skoon gelaat word na gebruik.
  • Geen leerlinge word in personeel kleedkamers toegelaat nie.
  • Geen speletjies, etery, hardlopery of spat van water mag in die kleedkamers plaasvind nie.
\

SKOOLDRAG, HARE EN VOORKOMS

DOGTERS

  • Dogters se hare moet netjies wees of, indien dit te lank is, gevleg of vasgebind wees met linte of bolletjies in die kleure van die skool.
  • Die gedeeltelike of algehele kleur van hare by dogters word nie toegelaat nie.
  • Geen vals hare word toegelaat nie.
  • Naels moet kort en netjies wees.
  • Geen vals naels word toegelaat nie.
  • Geen dogter mag naellak dra nie.
  • Geen juweliersware mag gedra word nie, behalwe vir horlosies, seëlringe, en oorkrabbertjies (indien daar gaatjies in ore is – slegs een gaatjie onderaan elke oor).
  • Geen ringe (lyfringe soos neusringe, tongringe ens.) wat deur enige liggaamsdeel strek mag gedra word nie.
  • Dogters mag geen grimering saam met skooldrag dra nie. Slegs om mediese redes sal sekere medisinale middels op skriftelike versoek oorweeg word deur die skoolhoof.
  • Dogters se rokke moet langer as 10cm bokant die knie wees.
  • Tydens Sivvie-dag (gewone kleredrag) geld alle skoolreëls steeds behalwe grimering en juweliersware.

SEUNS

  • Seuns mag geen juweliersware dra nie, behalwe vir polshorlosies (geen gaatjies in die ore word toegelaat nie).
  • Seuns se hare moet: * Kort agter en langs die kante wees. * Dit mag nie in die oë, oor die ore of oor die kraag hang nie. * Die “step” of “undercut” word nie toegelaat nie. * Die hare moet met ʼn egalige insnyding gesny word. * Sekere areas van haaroppervlakte waar die lengte drasties verskil, word verbied.
  • Hare mag nie gekleur word nie.
  • Seuns mag geen jel aan hulle hare aanbring nie.
  • Tydens Sivvie-dag (gewonde kleredrag) geld alle skoolreëls steeds behalwe die jel-reël.

SEUNS EN DOGTERS

  • Leerlinge mag geen hangertjies om die nek dra nie, dit sal slegs toegelaat word, indien dit mediese inligting bevat.
  • Leerlinge moet die amptelike skooldrag eerbiedig.
  • Leerlinge moet te alle tye netjies en sindelik wees.
\

RESPEK, GEHOORSAAMHEID EN DISSIPLINE

 

  • Leerlinge moet die personeel en leiers van die skool te alle tye respekteer en gehoorsaam.
  • Leerlinge moet respek teenoor alle besoekers aan die skool toon.
\

SPEELGOED, KOUGOM EN TROETELDIERE

  • Geen speelgoed en/of troeteldiere mag skool toe gebring word nie.
  • Die kou van kougom op die speelterrein en in die klas word verbied.
\

TUISWERK

  • Leerlinge moet hulle tuiswerk getrou doen.
\

EIENDOM EN DIEFSTAL

  • Handboeke, leesboeke, mediaboeke en skrifte moet opgepas en netjies gehou word.
  • Leerlinge moet die skooleiendom, personeel se eiendom en mede-leerlinge se eiendom met respek behandel.
  • Geen leerling mag ʼn item neem wat nie aan hom/haar behoort nie.
\

VLOEK, LEERSTOF, DRANK EN GEDRAG (INSLUITEND ENIGE VORM VAN OKKULTISME)

  • Geen leerling mag hom/haar skuldig maak aan vuil taal, lelike tekens of vuil praatjies nie.
  • Geen leerlinge mag onwelvoeglike leesstof, prente, tekeninge of foto’s in sy/haar besit hê nie.
  • Geen leerling mag alkoholiese drank drink, dwelms gebruik of rook nie.
  • Geeneen van die middele mag in ʼn leerling se besit gevind word nie. Niemand mag handeldryf met hierdie middels nie! Wanneer leerlinge buite skoolverband aan hierdie oortredings skuldig gevind word, sal dit ook as strafbaar gereken word in die belang van die skool se naam en die leerling se welsyn.
  • Wanneer ʼn leerling wat buite die skoolterrein beweeg, in skooldrag geklee is, moet sy/haar gedrag steeds volgens die skoolreëls van Laerskool Elspark wees. Dit geld ook vir leerlinge wat met die bus ry.
  • Geen leerling mag by die skool of buite die skool in skooldrag rook nie (Vape).
\

KLASTYD EN AFWESIGHEDE

  • Geen leerling mag gedurende klastyd onnodig rondloop nie. Indien ʼn leerling gestuur word mag niemand anders hom/haar vergesel nie.
  • Leerlinge mag nie stokkies draai nie.
  • Indien ‘n leerling afwesig was, moet hy/sy op die eerste dag na die afwesigheid ʼn brief van sy/haar ouers of mediese dokter aan die voogonderwyser oorhandig waarin die rede vir die afwesigheid uiteengesit word. (ʼn Mediese sertifikaat kan deur enige opvoeder vereis word.)
\

KOOP, VERKOOP EN RUIL

  • Geen leerling mag in, of direk om die skoolterrein, vir eie wins handel dryf sonder dat dit as ʼn skoolaktiwiteit onder toesig van die personeellede plaasvind nie.
  • Geen leerling mag enige item koop by ongemagtigde persone, binne of direk om die skoolterrein nie.
  • Geen ruiltransaksie mag onderling tussen leerlinge aangegaan word nie.
\

NETHEID VAN TERREIN

  • Leerlinge mag geen item op die terrein neergooi wat die netheid daarvan aantas nie.
\

GEVAAR, SPEL, BAKLEIERY, APPARAAT EN TERREIN

  • Geen gevaarlike speletjies mag op die skoolterrein plaasvind nie.
  • Geen geweld of bakleiery mag op die skoolterrein plaasvind nie.
  • Bende vorming word nie op die skoolterrein toegelaat nie.
  • Geen messe, wapens, ammunisie of enige gevaarlike voorwerpe word op die skoolterrein toegelaat nie. Hierby word ook die besit en afvuur van vuurwerke by die skool verbied.
  • Die klim-en-klouterapparaat is buite perke sonder toesig van ʼn personeellid.
  • Geen leerling mag naby of agter die arbeiders se woonkwartiere wees nie.
  • Geen leerling mag in enige boom klim, takke afbreek of plante/blomme op die skoolterrein beskadig nie.
  • Geen tasse of enige ander voorwerpe mag van die eerste of tweede verdieping afgegooi of laat val word nie.
  • Die ronddra van krieketkolwe en hokkiestokke, of enige ander sporttoerusting gedurende die skooldag is verbode. Sodanige toerusting word voor skool in die registerklas gelaat vir gebruik tydens buitemuurse aktiwiteite.
\

SELFONE

  • Tydens skoolure (pouses uitgesluit) moet ʼn leerling wat in besit is van ʼn selfoon dit afgeskakel hou.
  • Siek leerlinge en/of leerlinge wat klagtes het word deur die skoolkantoor hanteer en ouers moet deur die kantoor reël om leerlinge tydens skoolure by die skool te kom afhaal.
  • Selfoonoproepe, van en na die leerlinge se selfoon, moet met toestemming van ʼn personeellid plaasvind.
  • Enige onwelvoeglike materiaal hetsy video-, foto- of teksmateriaal ens. word verbied.