LEOS

OUERS WAT ONDERSTEUN

Die Ouers wat Ondersteun groep se doel is om verkope te doen by skoolbyeenkomste sodat ons fondse kan insamel. Die fondse word gebruik om die leerlinge van Laerskool Elspark te help wat as gevolg van finansiële omstandighede nie kampe of toere kan bywoon nie.

Ons wil graag ons leerlinge op die sport- en kultuurgebied bystaan, maar sonder fondse en ons ouers se hulp kan ons nie ons doel bereik nie. Ons versoek ons skool se ouers om ons te help om elke jaar ʼn fantastiese jaar te maak terwyl die leerlinge van ons skool die skool se naam hoog hou op die sport- en kultuurgebied.

Die Ouers wat Ondersteun groep se voorsitter is Me. Marinda Lourens.

RAAK BETROKKE:

  • Word deel van die Ouers wat Ondersteun groep.
  • Verleen hulp by skoolbyeenkomste.
  • Borg ʼn leerling vir ʼn kamp of toer.
  • Help met ʼn eenmalige donasie.
  • Maak ʼn maandelikse donasie.
  • Help met skenkings wat by skoolbyeenkomste gebruik kan word.

 

Broodjielys:

Ons vra weer dat elke ouer wat bereid is om een keer ʼn kwartaal broodjies te maak vir ons behoeftige leerlinge, net ʼn strokie in Januarie se omsendbrief sal invul. Dit is regtig vir ʼn baie goeie doel en u maak elke dag so ʼn verskil in die kinders se lewens.

 

KONTAK ONS

Voorsitter: Me. Marinda Lourens – Tel: 082 785 2953

WORD N OUER WAT ONDERSTEUN