ELSIE ENGELE

By Laerskool Elspark bedryf ons met trots die Elsie Engele-projek, ‘n inisiatief waarvolgens ons voedsel insamel om ouers en gesinne van ons skoolgemeenskap, wat hulself in moeilike omstandighede bevind, by te staan. Ons is afhanklik van die ondersteuning van die breër gemeenskap om ons voedselrakke voortdurend gevul te hou, sodat ons hulpverlening volhoubaar kan voortgaan.

Ons streef daarna om elke maand ‘n voedselpakkie aan die gesinne, wat deur ons geïdentifiseer is as hulpbehoewend, te voorsien. Bo en behalwe hierdie maandelikse ondersteuning, ontvang ons behoeftige leerders daagliks ‘n toebroodjie – met groot dank aan ouers van die skoolgemeenskap wat hul tyd en hulpbronne aanbied om hierdie diens moontlik te maak.

Ons waardeer elke bydrae opreg en glo dat hierdie projek werklik ‘n verskil maak in die lewens van ons leerders en hul gesinne.