TENNIS
INLIGTING OOR TENNIS

Tennis kan gespeel word deur Gr. 3 – 7 leerlinge, beide seuns en dogters.
Oefentye:
Dinsdae – Donderdae: 14:00 – 16:00
Wedstryddae: Maandae
Tennis liga:
3 spanne word vir die tennis liga ingeskryf:
- Beginner span
- B liga
- A liga
Indeling word bepaal deur die standaard van die spelers se spel.
Klub deelname word ook aangemoedig om leerlinge die maksimum blootstelling te bied.
Tennisspeler van die jaar:
Die speler/ster wat in die hoogste liga deelneem se punte word bymekaar getel om sodoende die tennisspeler/ster van die jaar te bepaal. Indien twee spelers dieselfde aantal punte behaal, deel hulle die trofee.