koor
Juniorkoor- Kokkewiete
- Die juniorkoor bestaan uit leerlinge van Gr. 1 – 3.
- Hulle word gekies deur ʼn proses van oudisies wat gedoen word.
- Ons doelwit is om ons klein Elsparkertjies die wonderwêreld van sang, musiek en ritme te laat ontdek op hulle eie vlak.
- Daar word jaarliks ingeskryf vir vele kompetisies, kunswedstryde en sangfeeste.
Oefendae en tye:
Maandae: 13:30 – 14:30
Ons SING want dis mos LEKKERRRRRR!
Seniorkoor
Ons missie:
Om ons Godgegewe sangtalent optimaal te ontwikkel.
I’m forever grateful to God for making me a musician.
Keuring vir Seniorkoor Gr. 4 – 7:
Leerlinge moet voldoen aan sekere vereistes alvorens hul gekies kan word.
Intonasie: Suiwerheid van die stem.
Diksie: Uitspraak van woorde asook gehoortoets – kan die leerling onderskei tussen hoë en lae note en hoor hy/sy die spesifieke noot.
Oefentye:
Maandag oggend: 07:30 (Soprane)
Maandag middag: 13:45 – 15:00 (Volledige koor)
Vrydag oggend: 07:30 (Alte)
Ons werk ook ekstra oefening in soos wat dit benodig word.
Optredes:
Ons tree by verskeie geleenthede op reg deur die jaar.
- ATKV: Ons grootste kompetisie. Die kompetisie is baie streng en van ʼn hoë standaard. (Landswye kompetisie)
- Sing in Harmonie
- Kunswedstryde
- Kerk
Revue:
Die jaar wat daar Revue is, het ons nie koor nie, maar wel net ʼn sanggroep wat dan verantwoordelik is vir die musiek.
Prestasie:
Leerlinge verwerf ʼn koorbalkie sodra hy/sy 15 punte bymekaar gemaak het.