ABBA OUERS

Baie, baie dankie

Aan ons ouers wat instaan as abba ouers ten opsigte van minder bevoorregte kinders se skoolgelde en ander uitgawes. U ondersteuning word waardeer! Indien daar nog ouers is wat hierby betrokke wil raak kan U die kantoor kontak of eenvoudig n addisionele bedrag op U skoolgeld betaal. Onthou elke ekstra R10 help. DANKIE DANKIE DANKIE.

Onthou net asb om vir Me. Wessels in kennis te stel indien U n ekstra bedrag inbetaal het vir n minder bewoorregte leerling.

Kontroleer asb U kleingeld en kwitansies voordat U die finansiële kantoor verlaat. Sonder ‘n kwitansie kan geen regstellings gedoen word nie. Bewaar asb U kwitansies op n veilige plek.

 NB! Faks asb bewys van betaling met uiteensetting ten opsigte van betaling na (011) 916 1325. Dit is baie belangrik dat U asb altyd U kind se rekening nommer as verwysing by alle bank inbetalings sal aandui. Indien U nie weet wat U rekening nommer is nie, is U welkom om Me. Wessels te skakel in die finansiële kantoor.