KOSKAS
KOSKAS VIR BEHOEFTIGE LEERLINGE
Laerskool Elspark het ʼn koskas by die skool waaruit ons vir die leerlinge en hul gesinne voedsel verskaf vir naweke en vakansies.
Ons vra dat leerlinge asb. sal deelneem aan ons BRING-‘N-BLIK-PROJEK op Vrydae. Indien u bereid is om enige nie-bederfbare kos, bv. blikkies, badbenodighede ens., te skenk, stuur dit asb. na u kind se registeronderwyser. Maak asb. ʼn verskil in iemand se lewe!