VEILIGHEID

INLIGTING OOR VEILIGHEID BY ONS SKOOL

  1. Hekke: Die skoolhekke word om 07:30 in die oggend gesluit en weer om 13:15 oopgesluit.
  2. Elke hek word beman deur ʼn hekbeampte.
  3. By elke hek is ʼn kamera aangebring.
  4. Daar is ook ʼn wagarea by elke hek aangebring, waar die leerlinge wag in die middag vir hulle vervoer huis toe.
  5. Op elke stoep (loopgang) is kameras aangebring wat die wisseling van die klasse monitor.
  6. By elke aantreevlak is daar ook verskeie kameras.
  7. Die Grondslagfase se terrein word ook deur ʼn personeellid op ons gholfkarretjie gepatrolleer en die karretjie is ook beskikbaar om beseerde leerlinge te vervoer.
  8. Laerskool Elspark beskik ook oor ʼn hele aantal personeel wat opgelei is vir noodhulp.
  9. Die kantoor is ook in direkte verbinding met die CPF d.m.v. tweerigtingradio’s.