Skaak

INLIGTING OOR ONS SKAAKSPAN

Oefentye

Maandae: 13:35 – 14:30 (Beginners oefengroep – Gr. 2 -7)

Vrydae: 13:35 – 14:30 (Liga en kampioenskap spanne)

 

Keuring

Uitspeelwedstryde op ʼn rondomtalie basis word in Kwartaal 1 gehou. Daarna word:

  • 6 Gr. 1 – 3 leerlinge gekies
  • 6 Gr. 4 – 6 leerlinge gekies, en
  • 6 Gr. 7 leerlinge gekies

Uit hierdie groep word daar 6 leerlinge en 2 reserwes gekies vir die skoleliga span vir junior span (Gr. 1 – 4) en dieselfde vir die senior span (Gr. 5 – 7).

Kompetisies

Leerlinge speel op Saterdae, gewoonlik een of twee keer per kwartaal by deelnemende skole, onder andere die Super reeks by L/S Randhart. Leerlinge wat die potensiaal het word aangemoedig om te registreer vir Ekurhuleni en ook distrikskompetisies.

Alle skaakspelers word aangemoedig om hul te registreer by ons skaakklub om te kan registreer vir Ekurhuleni.

 

Ekhurhuleni

Ekurhuleni spelers oefen volgens hulle afrigters. Die leerlinge neem aan baie kompetisies deel en kan selfs kwalifiseer vir SA’s.