MMKOS/Media

INLIGTING OOR ONS MEDIA SENTRUM

Hierdie multimedia en kinderontwikkeling sentrum is een in sy soort. Hier lees en sing ons Grondslagfase maats lekker en beoog ons om deur kreatiewe metodes ʼn liefde vir lees en musiek te kweek. Lienkie die Boekfeetjie gaan elke week op ʼn verbeeldingsreis saam met die Gr. 1 leerlinge en ons Gr. 2 en 3 leerlinge kry die geleentheid om elke week ʼn nuwe boek uit te neem. Senior leerlinge mag tydens pouses boeke uitneem met hulp van die MMKOS Raad. Die MMKOS is dan ook beskikbaar vir enige leerling wat navorsing wil doen vir ʼn taak en nie die nodige fasiliteite het nie.