Interaktiewe Onderwys (E-learning) en REKENAARSENTRUM

INLIGTING OOR INTERAKTIEWE ONDERWYS

Laerskool Elspark beskik oor ʼn goed toegeruste rekenaarsentrum en uitstekende Wi-Fi met “fibre”. Ons Grondslagfase leerlinge kan heerlik lees en tel in die rekenaarsentrum en selfs ons kleuters kry ʼn beurt. Elke personeellid het ʼn rekenaar en interaktiewe bord in hulle klasse. Gr. 4 – 7 leerlinge gebruik tablette en hoef dus nie met swaarbelaaide tasse rond te loop nie. Laerskool Elspark is beslis ʼn skool met ʼn sterk tegnologiese inslag en is gereed vir die toekoms.

Reëls rakende tablet-gebruik:

  1. Alle tablette en tasse moet gemerk wees.
  2. Geen tablette mag voorskool en gedurende pouse gebruik word nie. (R100 boete)
  3. Geen speletjies nie. (Demerietes)
  4. Geen pornografie nie. (Demerietes en dissiplinêre stappe!)
  5. Dit is jou verantwoordelikheid om jou tablet op te pas.
  6. ʼn Omhulsel is ʼn MOET.
  7. Bêre jou tablet in jou tas as jy nie op dit werk nie.
  8. Geen tablet mag na skool ure uitgehaal word nie.
  9. Gehoorsaam kopiereg.
  10. Internet toegang slegs op die leerling se vlak.
  1. Geen 3G kaarte nie. (Tablet word vir ʼn week gevat)
  2. LAAI jou tablet se battery. (R50 boete as in jy dit in die klas laai!)
  3. Geen samewerking met ʼn maat word toegelaat nie.
  4. Personeel mag speletjies ens. verwyder.
  5. Stuur van e-posse, foto’s of video opnames gedurende klastyd is verbode.
  6. Personeel mag tablet deurkyk vir ongewenste inhoud.
  7. Geen kuber-afknouery (“cyber-bullying”) sal geduld word nie. (Dissiplinêre stappe!)
  8. Elke leerling moet asb. ʼn tablet hê. Harde kopie is beskikbaar.
  9. Slegs Wi-Fi aan en af.
  10. Geniet jou tablet!