Hokkie en Mini-hookie

By Laerskool Elspark word elke dogter die geleentheid gebied om hokkie te speel.

Mini-hokkie is vir leerlinge in Gr. 1 – 3. Hulle wedstryde is vriendskaplik en word nie gekoppel aan ligawedstryde nie. Die mini-hokkie seisoen begin amptelik in Kwartaal 3, maar oefening vind al plaas vanaf Kwartaal 2.

Ligaspanne neem deel vanaf Gr. 4 – 7. Hokkie ligawedstryde vind plaas in Kwartaal 3, maar oefening begin al in Kwartaal 2.

Oefentye, ligabepalings en wedstryde word jaarliks beskikbaar gestel voor die hokkie seisoen begin.