Gholf

INLIGTING OOR GHOLF

Gholf proewe word aan die begin van Kwartaal 4 vir al die spelers wat belangstel gehou. Spelers moet aan die nodige vereistes voldoen. Daar is verskeie ligas waaraan die spelers kan deelneem. Ons skool affilieer met Ekurhuleni Suid. Ons skool beskik oor A, B en C spanne. Die A en B spanne speel vir drie weke, elke Maandag op verskeie gholfbane in die Oos-Rand. Die spanne kan dan vir die finale kwalifiseer afhangende van hoe hulle deur die liga gevorder het. Wanneer die span nie kwalifiseer nie, kan ʼn speler as individu ook kwalifiseer afhangende van hoe hy/sy gedoen het deur die liga.