Beloningsplegtigheid

ONS VIER ONS LEERLINGE SE HARDE WERK

Die beloningsplegtigheid vind in die oggend gedurende skooltyd plaas en elke leerling ontvang ʼn toekenning tydens hierdie geleentheid.

Sodra ʼn leerling die volgende aantal balkies verwerf kry hy/sy:

3 Balkies: Erekleure (wapen op die sak)

6 Balkies: Volle erekleure (koord om baadjie)

12 Balkies: Tweede keer volle erekleure

18 Balkies: Derde keer volle erekleure (swart Baadjie). Hier kwalifiseer die leerling dan ook vir ʼn goue Prestige balkie.